| verfoeisel [boodskap #148551] |
Wo., 09 Julie 2025 18:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24173 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verfoeisel
Afbreking: ver•foei•sel
Samestelling: verfoei + -sel
Selfstandige naamwoord: verfoeisel
Meervoud: verfoeisels
Betekenis:
• Iets wat verfoei/verafsku word.
Gebruik:
• Die aanbidding van die vlees is vir God 'n verfoeisel.
Sinoniem:
• gruwel
• plaag
• oorlas
• verfoeiing
• vloek
Vertaling:
Engels: horror, abomination
Nederlands: verfoeisel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|