| stralend [boodskap #148548] |
Wo., 09 Julie 2025 15:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stralend
Afbreking: stra•lend
Samestelling: straal + -end
Byvoeglike naamwoord: stralend
Vergrotende trap: stralender
Oortreffende trap: stralendste
Attributief: stralende
Partitief: stralends
Betekenis:
• Wat lig (of ander strale) afgee.
• Wat geluk en vreugde uitstraal.
Gebruik:
• Die stralende lig en hitte van die Son neem sowat 8 minute om die Aarde te bereik.
• Sy het 'n stralende persoonlikheid. My liefste is stralend en bloesend. [Hooglied 5:10]
Sinoniem:
• blakend
• glansend
• glimmend
• gloeiend
• liggewend
• skitterend
• sonnig
• sprankelend
Vertaling:
Engels: radiant
Nederlands: stralend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|