| opberg [boodskap #148538] |
Wo., 09 Julie 2025 11:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opberg
Afbreking: op•berg
Samestelling: op + berg
Werkwoord: berg op, opberg
Verlede tyd: het opgeberg
Betekenis:
• Om iets vir latere gebruik op 'n plek te bewaar.
Gebruik:
• Berg genoeg voorraad vir die droë jare op.
• Die graan word in silos opgeberg.
Sinoniem:
• bêre
• bewaar
• ophoop
• opstapel
• stoor
• wegpak
• wegsit
Afgelei:
• opberger
• opberging
• opbergkas
• opbergplek
• opbergskuur
Vertaling:
Engels: to put away, store up, stow, cache
Nederlands: opbergen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|