| wenakker [boodskap #148463] |
Wo., 02 Julie 2025 20:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24288 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wenakker
Afbreking: wen•ak•ker
Samestelling: wen(d) + akker
Selfstandige naamwoord: wenakker
Meervoud: wenakkers
Betekenis:
• Die laaste (dwars) akker op die land waar die trekker of trekdiere omdraai wanneer geploeg word.
Gebruik:
• Wanneer julle julle lande afoes, moet julle nie die wenakkers afoes nie en ook nie die are wat bly lê, agterna optel nie. [Levitikus 19:9]
Sinoniem:
• voorland
Vertaling:
Engels: headland, turn space
Nederlands: wendakker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|