| gematig [boodskap #148439] |
Di., 01 Julie 2025 19:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gematig
Afbreking: ge•ma•tig
Samestelling: ge- + matig
Byvoeglike naamwoord: gematig
Vergrotende trap: gematiger, gematigder
Oortreffende trap: gematigste
Attributief: gematige, gematigde
Partitief: gematigs
Betekenis:
• Wat nie tot die uiterstes gaan nie; nie te veel en nie te min nie.
Gebruik:
• Tree altyd berekend en gematig op en moenie dat jou emosies die oorhand kry nie.
Sinoniem:
• bedaard
• bedees
• beheers
• besadig
• gebalanseer
• gedemp
• getemper
• ingetoë
• kalm
• matig
• maathoudend
Antoniem:
• ongematig
Afgelei:
• gematigheid
Vertaling:
Engels: moderate, modest, temperate, mild
Nederlands: gematigd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|