| boefblik [boodskap #148433] |
Di., 01 Julie 2025 08:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24223 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boefblik
Afbreking: boef•blik
Samestelling: boef + blik
Selfstandige naamwoord: boefblik
Meervoud: boefblikke
Betekenis:
• (sport) Plek waar oortreders staftyd uitdien.
Gebruik:
• Wanneer 'n rugbyspeler op die veld oortree word hy vir 10 minute lank na die boefblik gestuur.
Sinoniem:
• koelstoel
• sondestoel
• strafbank
Vertaling:
Engels: sin bin, penalty box
Nederlands: strafbank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|