Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » goedaardig
goedaardig [boodskap #148362] Di., 24 Junie 2025 12:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24170
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
goedaardig
Afbreking: goed•aar•dig
Samestelling: goed + aard + -ig


Byvoeglike naamwoord: goedaardig
Vergrotende trap: goedaardiger
Oortreffende trap: goedaardigste
Attributief: goedaardige

Betekenis:
• Wat goed is van karakter.
• Wat nie gevaarlik is nie.

Gebruik:
• 'n Goedaardige man het gestop en ons gehelp om die pap band te ruil.
• Die gewas is getoets en dit blyk goedaardig te wees.

Sinoniem:
• goedgesind
• goedmoedig
• gemoedelik
• onskadelik
• onskuldig
• welwillend

Antoniem:
• boosaardig
• kwaadaardig

Afgelei:
• goedaardigheid

Vertaling:
Engels: benign, good-natured, kind-hearted
Nederlands: goedaardig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geniaal
Volgende onderwerp: teëpraat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 11:53:19 UTC 2025