| dinee [boodskap #148311] |
Sa., 21 Junie 2025 09:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dinee
Afbreking: di•nee
Selfstandige naamwoord: dinee
Meervoud: dinees
Verkleinwoord: dineetjie
Meervoud van verkleining: dineetjies
Betekenis:
• 'n Deftige, formele ete; feestelike maaltyd.
Gebruik:
• Die geleentheid is met 'n glansryke dinee afgesluit.
Sinoniem:
• banket
• feesmaal
• gasmaal
Hiponiem:
• afskeidsdinee
• galadinee
• promosiedinee
Afgelei:
• dineebaadjie
• dineedansparty
• dineegeselskap
• dineepak
• dineeuur
Verwant:
• dineer
Vertaling:
Engels: fancy dinner
Frans: dîner
Nederlands: feestmaal met gasten, diner
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|