| sissie [boodskap #148286] |
Wo., 18 Junie 2025 09:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24156 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sissie
Afbreking: sis•sie
Selfstandige naamwoord: sissie
Meervoud: sissies
Betekenis:
• (informeel) 'n Suster, tegnies gesproke 'n spelfout.
• Iemand wat bang of lafhartig is.
• 'n Soort heide, Erica ampullacea.
Gebruik:
• My sissie is jonger as ek.
• Moenie 'n sissie wees nie, spring van die dak af!
• Die sissie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die Kaapse fynbos.
Sinoniem:
• mamma-se-seuntjie
• moffie
• papbroek
• swakkeling
• tjankbalie
Afgelei:
• klipsissie
• sissierig
Vertaling:
Engels: sister; sissy
Nederlands: suster; mietje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|