| vergiet [boodskap #148266] |
Ma., 16 Junie 2025 07:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vergiet
Afbreking: ver•giet
Samestelling: ver- + giet
Werkwoord: vergiet
Verlede tyd: het vergiet
Betekenis:
• Om 'n vloeistof te verloor deur dit weg te laat loop.
Gebruik:
• Hoeveel bloed moet nog vergiet word?
Sinoniem:
• gestort
Afgelei:
• vergieter
• vergieting
Vertaling:
Engels: to spill, shed
Nederlands: vergieten
'n Vergiet.
Selfstandige naamwoord: vergiet
Meervoud: vergiete
Betekenis:
• 'n Houer met gaatjies wat as 'n filtreerder in die kombuis gebruik word.
Gebruik:
• Sy gebruik 'n vergiet om die water van die groente af te drup.
Sinoniem:
• droogbak
• gaatjiesbak
• kalander
• skommelsif
• vergietbak
• vergiettes
Vertaling:
Engels: colander, cullender, strainer
Nederlands: vergiet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|