Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verkneukel
verkneukel [boodskap #148265] So., 15 Junie 2025 20:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24175
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkneukel
Afbreking: ver•kneu•kel
Samestelling: ver- + kneukel


Werkwoord: verkneukel
Verlede tyd: het verkneukel

Betekenis:
• Om stilletjies lekker te kry; in die mou te lag.

Gebruik:
• Ek verkneukel my aan Oubaas se oulike sêgoed.

Spreekwoord:
• Jou verkneukel in/aan iets. [Jou daarin verlustig.]

Sinoniem:
• geniet
• lekkerkry
• verheug
• verlustig

Afgelei:
• verkneukeling

Vertaling:
Engels: to secretly enjoy, chuckle with delight
Nederlands: verkneukelen

Nota:
• Letterlik, om jou kneukels te vryf van lekkerte, soos 'n verkoopsman wat 'n goeie transaksie beklink het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vlerksleep
Volgende onderwerp: vergiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 21:34:13 UTC 2025