| vlerksleep [boodskap #148264] |
So., 15 Junie 2025 20:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24165 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vlerksleep
Afbreking: vlerk•sleep
Samestelling: vlerk + sleep
Werkwoord: sleep vlerk, vlerksleep
Verlede tyd: het vlerkgesleep
Betekenis:
• Om na 'n meisie te vry, soos voëls tydens hofmakery hulle vlerke sleep om 'n wyfie se aandag te trek.
Gebruik:
• Piet sleep vlerk by Sannie.
• Hy het eers by Erika vlerkgesleep, maar gaan nou met Sarie uit.
Sinoniem:
• aanlê
• flankeer
• flikflooi
• flirt
• hofmaak
• kafoefel
• koketteer
• opsit
• vry
Vertaling:
Engels: to court a girl
Nederlands: flirten, koketteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|