Leksikograaf Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Koljanderkoljander
Afbreking: kol•jan•der
Selfstandige naamwoord: koljander
Meervoud: –
Betekenis:
• Die eenjarige kruid, Coriandrum sativum.
• Spesery met 'n sterk aroma en medisinale gebruike van dié plant se blare, takkies en gedroogde sade.
Gebruik:
• Koljander hou van 'n koeler, gematigde klimaat en groei die beste in goed gedreineerde grond.
• Koljander word algemeen in geregte soos boerewors en droëwors aangetref.
Spreekwoord:
• Dis vinkel en koljander, die een is soos die ander. [Dis presies eenders.]