| puinhoop [boodskap #148255] |
Sa., 14 Junie 2025 20:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
puinhoop
Afbreking: puin•hoop
Samestelling: puin + hoop
Selfstandige naamwoord: puinhoop
Meervoud: puinhope
Verkleinwoord: puinhopie
Meervoud van verkleining: puinhopies
Betekenis:
• 'n Hoop rommel, meestal as gevolg van die verwoesting van geboue.
Gebruik:
• Damaskus gaan ophou om 'n stad te wees, hy word 'n puinhoop. [Jesaja 17:1]
Sinoniem:
• bouval
• ruïne
Vertaling:
Engels: pile of rubble, ruins
Nederlands: puinhoop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|