| opsitkers [boodskap #148218] |
Wo., 11 Junie 2025 14:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opsitkers
Afbreking: op•sit•kers
Samestelling: opsit + kers
Selfstandige naamwoord: opsitkers
Meervoud: opsitkerse
Verkleinwoord: opsitkersie
Meervoud van verkleining: opsitkersies
Betekenis:
• (histories) Kers om die lengte van 'n romantiese besoek te beperk. Wanneer die kers uitgebrand is, moet die vryery stop die kêrel vertrek.
Gebruik:
• Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, maar 'n opsitkers kon hy nêrens kry. [Carike Keuzenkamp]
Vertaling:
Engels: sit-up candle
Nederlands: opzitkaars
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|