Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onoordeelkundig
onoordeelkundig [boodskap #148208] Di., 10 Junie 2025 18:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24162
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onoordeelkundig
Afbreking: on•oor•deel•kun•dig
Samestelling: on- + oordeelkundig


Byvoeglike naamwoord: onoordeelkundig
Attributief: onoordeelkundige

Betekenis:
• Wat nie goed oordink is nie; van 'n gebrek aan insig getuig.

Gebruik:
• Die onoordeelkundige gebruik van gifstowwe kan verreikende gevolge hê.

Sinoniem:
• irrasioneel
• onbesonne
• ondeurdag
• onverskillig
• onversigtig

Antoniem:
• oordeelkundig

Afgelei:
• onoordeelkundigheid

Vertaling:
Engels: indiscriminate
Nederlands: onoordeelkundig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oordeelkundig
Volgende onderwerp: etimologies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 12:05:58 UTC 2025