| eendstert [boodskap #148145] |
Wo., 04 Junie 2025 14:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eendstert
Afbreking: eend•stert
Samestelling: eend + stert
Selfstandige naamwoord: eendstert
Meervoud: eendsterte
Verkleinwoord: eendstertjie
Meervoud van verkleining: eendstertjies
Betekenis:
• Die stert van 'n eend.
• 'n Haarstyl, gekenmerk deur lang, teruggekamde hare, gewild in die 1950's en 1960's.
• 'n Persoon met sulke hare, of die rebelse kultuur wat daarmee saamgaan.
Gebruik:
• 'n Mens sien net eendsterte soos die eende onder water kos soek.
• John Travolta word in die rolprent Grease met 'n eendstert uitgebeeld.
• Die dominee het die hippies en eendsterte gemaan om 'n eerlike en respektabele lewe te ly.
Sinoniem:
• nosem
• skorrie
Afgelei:
• eendstertera
• eendstertkapsel
Vertaling:
Engels: ducktail, teddy boy
Nederlands: eendstaart; nozem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|