| vliegdekskip [boodskap #148021] |
Vr., 23 Mei 2025 13:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24235 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Twee vliegdekskepe.
vliegdekskip
Afbreking: vlieg•dek•skip
Samestelling: vliegdek + skip
Selfstandige naamwoord: vliegdekskip
Meervoud: vliegdekskepe
Betekenis:
• 'n Oorlogskip met 'n vliegdek vir vliegtuie en/of helikopters.
Gebruik:
• Die vliegdekskip het hysers waarmee die vliegtuie na en van die vliegdek geneem word.
Vertaling:
Engels: aircraft carrier
Nederlands: vliegdekschip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|