| skepskop [boodskap #147996] |
Wo., 21 Mei 2025 10:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24153 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skepskop
Afbreking: skep•skop
Samestelling: skep + skop
Selfstandige naamwoord: skepskop
Meervoud: skepskoppe
Verkleinwoord: skepskoppie
Meervoud van verkleining: skepskoppies
Betekenis:
• 'n Skop in rugby waar die skopper die bal laat val en skop sodra dit die grond raak of opwip.
Gebruik:
• Die rugbyspeler het 'n vinnige skepskop deur die pale gejaag om aan sy span 'n welverdiende oorwinning te besorg.
Afgelei:
• skepskopper
Vertaling:
Engels: drop kick
Nederlands: dropkick
Werkwoord: skepskop
Verlede tyd: het geskepskop
Betekenis:
• Om 'n skop uit te voer deur eers die bal tot op die grond te laat val.
Gebruik:
• Daai losskakel kan gevaarlik skepskop.
• Naas Botha het baie geskepskop.
Vertaling:
Engels: to drop
Nederlands: dropkick schoppen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|