Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » taalstryder
taalstryder [boodskap #147994] Wo., 21 Mei 2025 09:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
taalstryder
Afbreking: taal•stry•der
Samestelling: taal + stryder


Selfstandige naamwoord: taalstryder
Meervoud: taalstryders
Verkleinwoord: taalstrydertjie
Meervoud van verkleining: taalstrydertjies

Betekenis:
• Kampvegter vir 'n taal. Persoon wat hom beywer vir die behoud, bevordering of erkenning van 'n taal.

Gebruik:
• D.F. du Toit, of Oom Lokomotief soos hy bekend gestaan het, was 'n vooraanstaande joernalis, letterkundige en taalstryder.

Vertaling:
Engels: language activist, fighter for a language
Nederlands: taalkrijger, taalstrijder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: baaibroek
Volgende onderwerp: toegeeflikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 31 14:35:24 UTC 2025