| rotasie [boodskap #147973] |
So., 18 Mei 2025 17:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rotasie
Afbreking: ro•ta•sie
Samestelling: roteer + -asie
Selfstandige naamwoord: rotasie
Meervoud: rotasies
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van roteer. 'n Sirkelbeweing om 'n sentrale punt.
Gebruik:
• Vanweë die aarde se rotasie om sy poolas het vroeëre sterrekundiges geglo dat die hemelliggame elke 24 uur om die aarde draai.
Sinoniem:
• aswenteling
• draaibeweging
• draai
• draaiing
• omwenteling
• rewolusie
• sirkelbeweging
• sirkelgang
• spin
• tolling
• wenteling
Hiponiem:
• aardrotasie
• asrotasie
Afgelei:
• rotasie-as
• rotasiebeweging
• rotasiehoek
• rotasiepers
• rotasiepomp
• rotasierigting
• rotasiesnelheid
• rotasieveld
Vertaling:
Engels: rotation, revolution, turn
Nederlands: rotatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|