| skraapsug [boodskap #147961] |
Sa., 17 Mei 2025 09:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skraapsug
Afbreking: skraap•sug
Samestelling: skraap + sug
Selfstandige naamwoord: skraapsug
Meervoud: –
Betekenis:
• Toestand waar iemand heeltemal te gefokus is op bymekaarmaak goedere en die opbou van kapitaal.
Gebruik:
• Hy draai sy sente om en sy skraapsug het uiteindelik van hom 'n ryk man gemaak.
Sinoniem:
• gierigheid
• hebsug
• inhaligheid
• suinigheid
• vrekkerigheid
Afgelei:
• skraapsugtig
Vertaling:
Engels: stinginess, niggardliness, greed
Nederlands: schraapzucht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|