| onweerswolk [boodskap #147911] |
Wo., 07 Mei 2025 18:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onweerswolk
Afbreking: on•weers•wolk
Samestelling: onweer + -s- + wolk
Selfstandige naamwoord: onweerswolk
Meervoud: onweerswolke
Verkleinwoord: onweerswolkie
Meervoud van verkleining: onweerswolkies
Betekenis:
• (meteorologie) 'n Donker wolk wat slegte weer bring.
• (figuurlik) Iets wat op die punt staan om uit te bars.
Gebruik:
• Toe hulle nog praat het die lug donker geword van die onweerswolke; die wind het opgekom en groot reëns het uitgesak. [1 Kon 18:45]
• Die nare gevolge van die Groot Depressie en die onweerswolke van 'n Wêreldoorlog was orals sigbaar.
Sinoniem:
• cumulonimbuswolk
• donderwolk
Vertaling:
Engels: thundercloud
Nederlands: onweerswolk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|