| kapabel [boodskap #147846] |
Ma., 28 April 2025 09:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kapabel
Afbreking: ka•pa•bel
Byvoeglike naamwoord: kapabel
Attributief: kapabele
Betekenis:
• Wat bekwaam/ tot iets in staat is (dikwels in 'n negatiewe konteks).
Gebruik:
• Hy lyk vir my heel kapabel. Sy is kapabel genoeg en slaan jou met daai koekroller.
• Sy is 'n kapabele vrou wat se hande vir niks verkeerd staan nie.
Sinoniem:
• bekwaam
• geskik
• kundig
Antoniem:
• onkapabel
Vertaling:
Engels: able to, capable of, likely to
Nederlands: capabel
Nota:
• Kapabel is nie 'n Anglisisme nie, maar 'n woord wat beide Afrikaans en Engelse uit Frans (en verder terug uit Latyn) gekry het.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|