Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » resolusie
resolusie [boodskap #147844] Ma., 28 April 2025 08:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24182
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
resolusie
Afbreking: re•so•lu•sie


Selfstandige naamwoord: resolusie
Meervoud: resolusies

Betekenis:
• 'n Amptelike voorstel of besluit.
• (rekenaars) Die aantal pieksels (beeldpunte) in 'n beeld wat gestoor of vertoon word.
• (optika) 'n Instelling by optiese instrumente waar twee punte duidelik van mekaar onderskei kan word.

Gebruik:
• Die vergadering het die resolusie eenparig aanvaar.
• Die monitor het 'n maksimum resolusie van 1600×1200.
• Die mikroskoop het 'n uitstaande beeldkwaliteit met 'n hoë resolusie.

Sinoniem:
• beslissing
• besluit
• determinasie
• voorstel
• beeldskerpte
• beeldkwaliteit
• diskriminasievermoë
• skeidingsvermoë

Afgelei:
• kleurresolusie

Vertaling:
Engels: motion; resolution; resolution
Nederlands: resolutie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: satellietbeeld
Volgende onderwerp: pieksel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 20:16:31 UTC 2025