| bewei [boodskap #147825] |
Sa., 26 April 2025 09:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24274 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bewei
Afbreking: be•wei
Samestelling: be- + wei
Werkwoord: bewei
Verlede tyd: het bewei
Betekenis:
• Om diere op 'n veld te laat wei (gras vreet).
Gebruik:
• Die beeste bewei elke kamp vir gemiddeld drie maande per jaar.
Afgelei:
• beweiding
• oorbewei
Vertaling:
Engels: to graze
Nederlands: beweiden
Byvoeglike naamwoord: bewei
Attributief: beweide
Betekenis:
• Waarop diere wei/ gras vreet.
Gebruik:
• Die beweide kamp rus dan relatief lank voordat dit weer bewei word.
Vertaling:
Engels: grazed
Nederlands: beweid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|