| bedrywend [boodskap #147812] |
Do., 24 April 2025 14:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bedrywend
Afbreking: be•dry•wend
Samestelling: bedryf + -end
Byvoeglike naamwoord: bedrywend
Attributief: bedrywende
Betekenis:
• Wat doen/ hande/ aktief is.
• (taalkunde) Grammatiese konstruksie waar die onderwerp (wie doen die werk?) die doener is.
Gebruik:
• Wanneer 'n sin in die bedrywende vorm is, voer die onderwerp die aksie uit en staan die onderwerp aan die begin van die sin.
• Die sin "Ek eet kos" is in die bedrywende vorm. In die lydende vorm is dit "Die kos word deur my geëet".
Sinoniem:
• aktief
Antoniem:
• lydend
• passief
Afkorting:
• bedr.
Vertaling:
Engels: active, enterprizing
Nederlands: actief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|