| eenvormigheid [boodskap #147807] |
Wo., 23 April 2025 08:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24146 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eenvormigheid
Afbreking: een•vor•mig•heid
Samestelling: eenvormig + -heid
Selfstandige naamwoord: eenvormigheid
Meervoud: eenvormighede
Betekenis:
• Die toestand van eenvormig (uiterlik dieselfde) wees.
Gebruik:
• Skoolklere skep eenvormigheid en 'n gevoel van samehorigheid en trots by leerders.
Sinoniem:
• eentonigheid
• gelykheid
• gelykvormigheid
• homogeniteit
• kongruensie
• monotonie
• ooreenstemming
• saaiheid
• uniformiteit
Antoniem:
• diversiteit
Vertaling:
Engels: uniformity, dullness
Nederlands: eenvormigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|