| agteroor [boodskap #147791] |
Sa., 19 April 2025 09:57 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24202 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agteroor
Afbreking: ag•ter•oor
Samestelling: agter + oor
Bywoord: agteroor
Betekenis:
• Ná die agterkant of rugkant toe oor (meestal as deelwoord van 'n werkwoord).
Gebruik:
• Daar is ook diegene wat dan agteroor gaan sit en niks verder doen nie.
Sinoniem:
• agtertoe
• agteruit
• ruggelings
• terug
• terugwaarts
Antoniem:
• vooroor
Hiponiem:
• ruensagteroor
Afgelei:
• agteroorbuig
• agteroordruk
• agteroorgooi
• agteroorkam
• agteroorkantel
• agteroorleun
• agteroorsit
• agteroorslaan
• agteroorsteier
• agteroorstort
• agteroorval
Vertaling:
Engels: backward
Nederlands: achterover
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|