| nasaal [boodskap #147654] |
So., 09 Maart 2025 09:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nasaal
Afbreking: nas•aal
Byvoeglike naamwoord: nasaal
Attributief: nasale
Betekenis:
• Met betrekking tot die neus, of deur die neus.
Gebruik:
• Die middel word nasaal toegedien.
• In die klankverskynsel verdwyn die nasale klank, maar die nasale karakter word deur die voorafgaande klinker wat verleng word, oorgeneem.
Vertaling:
Engels: nasal
Nederlands: nasaal
Selfstandige naamwoord: nasaal
Meervoud: nasale
Betekenis:
• (taalkunde) 'n Neusklank.
Gebruik:
• Die klanke [m], [n] en [ŋ] is nasale.
Vertaling:
Engels: nasal
Nederlands: nasaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|