Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir die skuldsmouse
Vir die skuldsmouse [boodskap #19512] Do, 03 Desember 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Peet Botma berig in gister se Beeld oor 'n onderhoud met George Bizos, die
bekende menseregte-advokaat:

************************

Bizos koester geen wrok teen Afrikaners nie.

"Afrikaners moet ophou om met 'n skuldgevoel oor apartheid in hul harte rond
te loop. Ek het aan Antjie Krog gesê haar boek vat haar skuldgevoel te ver.
Ek verkwalik politieke partye wat vir eie gewin dié skuldgevoel onder
Afrikaners aanblaas."

*************************

Aldus Peet Botma van Beeld.

By "politieke partye" kan mens gerus voeg, varke in Kanada en elders wat hul
angs oor hul eie ontrouheid probeer besweer deur met die vermeede "skuld"
van Afrikaners te smous.

Dan praat ons nog nie eens van Afrikaanse joernaliste wat hul loopbane op
die skuldwa probeer bevorder het nie. Dit begin al hoe meer lyk asof dit
miskien 'n verkeerde perd was om op te verwed. Miskien eindig hulle almal in
die Engelstalige pers.

Groete, Leendert

Leendert
Vorige onderwerp: Nog oor die glorieryke demokratiese registrasie
Volgende onderwerp: 'n Nuwe aankomeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 18:12:38 MGT 2024