Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eenspaaier
eenspaaier [boodskap #147612] Vr., 28 Februarie 2025 15:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eenspaaier
Afbreking: een•spaai•er


Selfstandige naamwoord: eenspaaier
Meervoud: eenspaaiers

Betekenis:
• Iemand wat nie graag met ander meng nie en by hom- of haarself hou.

Gebruik:
• Heidi se oupa was 'n eenspaaier wat alleen in die berge gebly het.

Wisselvorm:
• eenspanjer (ongewoon)
• inspaaier (ongewoon)

Sinoniem:
• alleenloper
• alleenmens
• askeet
• enkelganger
• eenloper
• enkeling
• hermiet
• kluisenaar

Afgelei:
• eenspaaierig

Vertaling:
Engels: loner
Nederlands: eenling

Nota:
• Van Duits, einspänner, "eenperdekar".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verspreid
Volgende onderwerp: waarlangs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 29 20:08:25 UTC 2025