Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die glorieryke demokratiese registrasie
Re: Die glorieryke demokratiese registrasie [boodskap #19497] Wed, 02 December 1998 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: August 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Dec 1998 01:59:54 +0200, "Leendert van Oostrum"
said the following:

|>In die algemeen word dit as n sukses beskou.
|>Daar sal verdere registrasie wees volgende jaar.
|
|Ja. Die SABC jubel ook oor hoe "suskesvol" die registrasie was.
|
|Die afgelope drie dae was veronderstel om die _hele_ registrasieproses te
|wees. Vir maande is die regering en die OVK uit alle oorde gewaarsku dat dit
|nie sal werk nie. Hulle het egter volgehou dat daar geen alternatief is as
|om almal in hierdie drie dae te registreer nie.
|
|Wat ons nou het is:
|
|a) In vier provinsies is daar nog geen registrasie gedoen nie. Dit is
|uitgestel vir 'n week.
|b) In die vyf provinsies waar daar wel geregistreer is, sal daar "verdere
|registrasie" wees.
|
|Dus: Dit het geblyk dat die beplande registrasieproses inderdaad nie gewerk
|het nie. Skielik blyk dat dat daar wel alternatiewe is. (Waar was hierdie
|alternatiewe tevore?)
|
|Maar ons moet verneem dat "In die algemeen word dit as n sukses beskou."
|
Wel, jy hoor mos, Ferdi beskou dié soort van administrasie as sou
"hulle op water loop".

Wat my laat wonder wat hy sou sê oor die samelewing in Australië -
Dennis Becket het destyds gesê jy sal in Australië dood gaan van
verveling omdat alles so glad verloop en alles net korrek gedoen word.

Julle ouens daar down under, vertel ons bietjie ook hoe ervaar julle
die publieke administrasie en wat is julle kommentaar op Dennis Becket
se stelling.
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Re: 'n prel aan die weskus
Volgende onderwerp: informatie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 19:32:13 UTC 2025