| drietalig [boodskap #147509] |
Sa., 08 Februarie 2025 10:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drietalig
Afbreking: drie•ta•lig
Samestelling: drie + taal + -ig
Byvoeglike naamwoord: drietalig
Attributief: drietalige
Betekenis:
• Met drie tale; wat drie tale praat.
Gebruik:
• Hy is drietalig en praat vloeiend Afrikaans, Engels en Sotho.
• België is 'n drietalige land.
Hiperoniem:
• meertalig
Afgelei:
• drietaliges
• drietaligheid
Verwant:
• tweetalig
• viertalig
Vertaling:
Engels: trilingual
Nederlands: drietalig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|