Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tegelyk
tegelyk [boodskap #147358] Fri, 17 January 2025 08:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21062
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
tegelyk
Afbreking: te•ge•lyk
Samestelling: tegelyk


Bywoord: tegelyk

Betekenis:
• Op dieselfde moment of in dieselfde periode.

Gebruik:
• Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. [Matteus 6:24]

Spreekwoord:
• As jy op twee stoele tegelyk sit, kom jy op die grond te lande. ['n Mens kan selde twee dinge gelyk met sukses doen.]

Sinoniem:
• gelyktydig
• gelykweg
• gesamentlik
• sinchronies
• konkurrent
• tegelykertyd
• terselfdertyd
• tesame

Afgelei:
• tegelykertyd

Vertaling:
Engels: at the same time, simultaneously
Nederlands: tegelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kraalmuur
Volgende onderwerp: induik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 17 22:27:20 UTC 2025