opsluit [boodskap #147071] |
Sat, 23 November 2024 19:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opsluit
Afbreking: op•sluit
Samestelling: op + sluit
Werkwoord: sluit op, opsluit
Verlede tyd: het opgesluit
Betekenis:
• Om iemand in 'n afgeslote ruimte toe te sluit.
Gebruik:
• Ek hoop die polisie sluit die skurk op.
• Maar Herodes het nog verder gegaan en Johannes in die tronk opgesluit. [Lukas 3:20]
Sinoniem:
• arresteer
• hokslaan
• inkerker
• inperk
• interneer
• toesluit
• wegsluit
Antoniem:
• vrylaat
Afgelei:
• opsluiting
Vertaling:
Engels: to lock up, confine, jail
Nederlands: opsluiten
Bywoord: opsluit
Betekenis:
• Met mening.
Gebruik:
• My boetie wou toe opsluit ook so 'n karretjie hê.
Sinoniem:
• volstrek
Vertaling:
Engels: absolutely, positively
Nederlands: volstrekt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|