Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Howard Dean
Howard Dean [boodskap #3086] |
Thu, 04 December 2003 20:08  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat dink jy van hom Katryn?
Lorinda
|
|
|
Re: Howard Dean [boodskap #3089 is 'n antwoord op boodskap #3086] |
Thu, 04 December 2003 20:32   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda" wrote:
> Wat dink jy van hom Katryn?
Nogal baie. ;-)
Eugene (waar *is* daai man in elkgeval?), is die persoon wat al
voorspel het dat hy die beste van al die kandidate is, nog lank voor
hulle ernstig begin "campaign" het. Ek was aan die begin maar baie
skepties, want daar is 'n hele paar aspekte waar ek nie met hom
saamstem nie. Maar ek dink hy is intelligent met logiese denke, is
fiskaal konserwatief, maar sosiaal liberaal. Dit is my tipe van
kandidaat! ;-)
My eerste keuse is John Kerry, maar Dean is 'n baie sterker kandidaat.
Ongelukkig is die Clintons baie sterk gekant teen Dean (iets wat ek
nog nie heeltemal kon begryp of verstaan nie, en buitendien dink ek
dat Hilary Clinton baie sleg sal wees as president vir Amerika. Ek
hoop werklik nie sy gaan haarself beskikbaar stel nie. Dalk sal ek
anders voel teen 2008 wanneer sy WEL gaan run. Maar sy laat my
ongemaklik voel (as presidentiele kandidaat) Ek dink as mens en as
seantor, is sy heel nice.).
Daar word nou so baie modder gegooi na Dean dat ek dink die media nie
meer die "mens" agter die kandidaat so goed uitbring nie.
Dean het my veral beindruk met sy openlike standpunt teen Israel - die
ENIGSTE kandidaat wat kon insien dat Amerika nie kant mag kies nie.
Okay, laat ek ophou babbel.
In kort, ek glo dat Howard Dean 'n uitstekende president vir ons sal
wees.
Wat dink jy? Word hy daar by julle ook so swart gesmeer soos hier?
|
|
|
|
|
|
Re: Howard Dean [boodskap #3139 is 'n antwoord op boodskap #3115] |
Tue, 09 December 2003 01:52   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Nee, hier word hy voorgestel as 'n goeie kandidaat. Ons hoor egter nie
> veel van die ander kandidate nie, dis so amper asof hy die enigste een
> nie (dis waarom ek jou gevra het wat jy van hom dink, want ons hoor
> van niemand anders nie).
Ah, 'kay. Dit sal interessant wees om te hoor wat julle nuusmedia
berig oor die presidentiële kandidate tydens die primaries. Dalk is
dit 'n beter indikasie van wat gaan gebeur as wat ek hier kan vorm.
;-)
Ek hoor ook vandag dat Gore vir Dean gaan "endorse". Dit sal baie
beteken vir die Dean span IMO. Maar ek reken dat Lieberman wat saam
met Gore as lg. se vise-president, verkiesbaar was vir die 2000
eleksie, sal seker bietjie suur wees hieroor.
Lieberman is een van my minder gunsteling kandidate. Reg daar met
Dick Gephardt.
Ek hou nogal baie van die Southern outjie, John Edwards (kyk na sy
foto op die skakel hieronder). Maar hy staan nie 'n kans nie. Dis
net die ouens met geld wat werklik 'n kans staan.
Dit sal baie interessant wees om te sien wat gaan volgende maand
gebeur in die "primaries" van New Hampshire, wat 'n sleutel staat is,
en dus baie belangrik vir Dean om die nominasie daar te wen teen die
Missouri Rep. Richard Gephardt.
Terloops as jy dalk belangstel, hier is 'n skakel met foto's en so aan
van die kandidate:
http://www.politics1.com/p2004.htm
|
|
|
Re: Howard Dean (oeps - GROOT fout - regstelling) [boodskap #3142 is 'n antwoord op boodskap #3116] |
Tue, 09 December 2003 02:04  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Dit is inderdaad braaf, enige kritiek teen Israel lok gewoonlik 'n
> sterk reaksie uit. Onthou jy daai artikel uit die Wall Street Journal
> wat iemand eenkeer geplaas het waarin beweer is dat die BBC so
> anti-Israel is dat dit anti-semities is!! Ek was baie verbaas, totdat
> ek besef het dat hulle geen kritiek teenoor Israel sou duld nie.
Ek onthou baie goed. ;-) Ek wens net jy wou destyds iets gesê het,
maar selfs ek bly ook maar deesdae nou net stil. Dit help tog nie -
daardie ouens glo wat hulle wil glo en sal net tydskrifte en koerante
lees wat hulle sienings bevestig en beaam. So dit help tog nie om te
stry nie. ;-(
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 02:09:37 UTC 2025
|