Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Deens
Deens [boodskap #147059] Sa., 23 November 2024 11:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Deens
Afbreking: Deens
Uitspraak: /diə̯ns/, /dĩə̯̃s/


Byvoeglike naamwoord: Deens
Attributief: Deense

Betekenis:
• Wat op die land Denemarke betrekking het, of van daar afkomstig is.

Gebruik:
• Hy het met 'n Deense meisie getrou.

Vertaling:
Engels: Danish
Nederlands: Deens
Zoeloe: -amaDeni, -aseDenimaki, -esiDeni


Selfstandige naamwoord: Deens
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Skandinawiese taal met ongeveer 5,5 miljoen sprekers, die ampstaal van Denemarke, asook 'n ampstaal van Groenland en die Faroëreilande.

Gebruik:
• Ek kan ongelukkig nie Deens praat nie.

Verwant:
• Deen
• Denemarke

Vertaling:
Engels: Danish
Nederlands: Deens
Zoeloe: isiDeni

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: prisma
Volgende onderwerp: ampstaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 30 17:53:59 UTC 2025