verhef [boodskap #146968] |
Tue, 12 November 2024 08:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verhef
Afbreking: ver•hef
Samestelling: ver- + hef
Werkwoord: verhef
Verlede tyd: het verhef
Betekenis:
• Om boontoe te lig; tot 'n hoër vlak te bring.
• Om klank harder te maak.
• Om groter of beter te maak.
• (wiskunde) Om magsverheffing toe te pas.
Gebruik:
• Verhef jou oë na die berge.
• Moenie jou stem vir my verhef nie!
• Hy is tot die adelstand verhef.
• Verhef die getal tot die derde mag.
Sinoniem:
• bevorder
• ophef
• oplig
• optel
• promoveer
• verbeter
• veredel
• verheerlik
• verhoog
Afgelei:
• verheffend
• verheffing
Vertaling:
Engels: to lift, raise, elevate
Nederlands: verheffen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|