Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoofrol
hoofrol [boodskap #146953] So., 10 November 2024 18:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoofrol
Afbreking: hoof•rol
Samestelling: hoof + rol


Selfstandige naamwoord: hoofrol
Meervoud: hoofrolle
Verkleinwoord: hoofrolletjie
Meervoud van verkleining: hoofrolletjies

Betekenis:
• Die speler om wie die storie draai. Die belangrikste rol in 'n toneelstuk, film, TV-program, ens.

Gebruik:
• Frank Rautenbach het die hoofrol in prente soos Hansie en Faith Like Potatoes vertolk.

Sinoniem:
• titelrol

Afgelei:
• hoofrolspeler

Antoniem:
• byrol

Vertaling:
Engels: principal role, leading part
Nederlands: hoofdrol

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: byrol
Volgende onderwerp: rekordsnelheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jan. 08 12:38:39 UTC 2026