Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haelgeweer
haelgeweer [boodskap #146827] Mon, 28 October 2024 15:59
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21079
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
haelgeweer
Afbreking: ha•el•ge•weer
Samestelling: hael + geweer


Selfstandige naamwoord: haelgeweer
Meervoud: haelgewere, haelgeweers
Verkleinwoord: haelgeweertjie
Meervoud van verkleining: haelgeweertjies

Betekenis:
• 'n Geweer met een of twee lope wat haelpatrone met loodkorrels skiet.

Gebruik:
• Die beskuldigde het gesê dat hy nie verwag het dat die haelgeweer gelaai sou wees nie, of besef het dat dit op sy maat gerig is nie.

Hiponiem:
• dubbelloophaelgeweer

Afgelei:
• haelgeweerloop
• haelgeweerskoot

Vertaling:
Engels: shotgun
Nederlands: hagelgeweer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: residensieel
Volgende onderwerp: beroepsjagter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 22 11:08:00 UTC 2025