Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buitelug
buitelug [boodskap #146788] Sa., 26 Oktober 2024 11:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24181
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
buitelug
Afbreking: bui•te•lug
Samestelling: buite + lug


Selfstandige naamwoord: buitelug
Meervoud:
Verkleinwoord: buiteluggie
Meervoud van verkleining:

Betekenis:
• Die lug buite 'n gebou, veral op die platteland.
• (by uitbreiding) In die opelug buite 'n gebou.

Gebruik:
• Die buitelug is dikwels skoner en gesonder as die lug binne.
• Ons vier die lente in die buitelug. Hulle gaan vandag in die buitelug skoolhou.

Sinoniem:
• buitekant
• buitenshuis
• opelug

Antoniem:
• binnelug

Afgelei:
• buitelugskool
• buitelugteater
• buitelugtentoonstelling
• buitelugvergadering

Vertaling:
Engels: air outside, fresh air, country air; outdoors
Nederlands: buitenlucht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanry
Volgende onderwerp: nuutskepping
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 17:23:00 UTC 2025