Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die wysheid van die wurms, en Bewers
Re: Die wysheid van die wurms, en Bewers [boodskap #19174] Fri, 13 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: October 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Maar wanneer ons in die hysbakke die weer bespreek (iets wat vir die deursnee Kanadees 'n heilige plig is),
> dan is die algemene wysheid dat dit nie 'n baie koue of lang winter hierdie jaar hier by ons in die oostelike
> deel van Ontario gaan wees nie.

Wel, my persoonlike weerkundige (kollega by die werk) reken Alberta is in
vir 'n ding die winter. Hy baseer sy voorpellings op bewer-gedrag. Hoe
groter hulle skuilings, hoe swaarder die winter. Hy reken Alberta is in vir
'n winter van "so 8 [uit 10] op die bewerskaal".

Ek is maar bietjie skepties oor enige voorspelling van weer meer as so 14
dae in die toekoms, wetenskaplik of nie. (Vandag se weer in hier is goed
verkeerd voorspel - gister!)

Tot later

Bees, die genuine ding.
Ruimteskip Aarde
Re: Die wysheid van die wurms, en Bewers [boodskap #19218 is 'n antwoord op boodskap #19174] Mon, 16 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Bees voorspel:

> Wel, my persoonlike weerkundige (kollega by die werk) reken Alberta is in
> vir 'n ding die winter. Hy baseer sy voorpellings op bewer-gedrag. Hoe
> groter hulle skuilings, hoe swaarder die winter. Hy reken Alberta is in
> vir 'n winter van "so 8 [uit 10] op die bewerskaal".

Wel, Bees, ek hoop jou pêl is verkeerd, maar ek is bevrees hy's reg
as die afgelope naweek en die hede iets is om aan te oordeel. My rug
is seer en die sneeu val steeds. Ek sien darem die positiewe: Die
sneeuskoffel is goeie oefening (harde werk), die ski-oorde gaan lekker
geldmaak, en as dit elders koud is, gaan die provinsie sommer baie geld
verdien met die verkoop van aardgas - dus, dis goed vir die ekonomie.

Intra-provinsiaal: In die CFL se Westerse eindstryd het die Calgary
Stampeders die Edmonton Eskimos se g� afgetrap (33-10). Ek was nie
verbaas nie - al woon ek in Edmonton - maar ek kon darem hoop vir 'n
beter wedstyd, soos die een in die Ooste tussen Hamilto en Montreal,
waar die Hamilton Tigercats dit in die laaste 28 sekondes gewen het
met 'n telling van 22-20.

Hjalmar
________
Re: Die wysheid van die wurms, en Bewers [boodskap #19219 is 'n antwoord op boodskap #19174] Mon, 16 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: October 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber wrote in message ...

> Wel, Bees, ek hoop jou pêl is verkeerd, maar ek is bevrees hy's reg
> as die afgelope naweek en die hede iets is om aan te oordeel.

Hjalmar

Ja, jy is seker reg oor die positiewe impak op die ekonomie - al is dit
moelik om te glo.

ek is more weer op pad na 'n plek waar elke winter 10 op die bewerskaal is -
Yellowknife. Die een goeie ding van 'n trippie op noord is dat mens alberta
se weer waardeer as jy terug is!

Tot later

Bees
Ruimteskip Aarde
Re: Die wysheid van die wurms, en Bewers [boodskap #19236 is 'n antwoord op boodskap #19174] Tue, 17 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: August 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Nov 1998 18:36:01 -0700, "Bees" wrote:

|
|Hjalmar Gerber wrote in message ...
|
|> Wel, Bees, ek hoop jou pêl is verkeerd, maar ek is bevrees hy's reg
|> as die afgelope naweek en die hede iets is om aan te oordeel.
|
|
|Hjalmar
|
|Ja, jy is seker reg oor die positiewe impak op die ekonomie - al is dit
|moelik om te glo.
|
|ek is more weer op pad na 'n plek waar elke winter 10 op die bewerskaal is -
|Yellowknife. Die een goeie ding van 'n trippie op noord is dat mens alberta
|se weer waardeer as jy terug is!
|
Ag ek wens ons het 'n paar mak bewers in die agterplaas gehad om die
weer vir ons te voorspel! As ons nou in SA was, het die
weervoorspeller gesê: " Mooi weer in die Twin Cities en sneeu
elders!" Is maar droog en warm hier - selfs ons minimums is nou
bokant vriespunt!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Toets - skuus
Volgende onderwerp: Prestasie: Vebruik van Onvervangbare Hulpbronne?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 19:28:09 UTC 2025