Leksikograaf Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wawiel.wawiel
Afbreking: wa•wiel
Samestelling: wa + wiel
Selfstandige naamwoord: wawiel
Meervoud: wawiele
Betekenis:
• Die wiel van 'n wa of koets (tipies met 'n naaf, speke, vellings en 'n staalband rondom).
• 'n Bollemakiesie of iets met die vorm van so 'n wiel.
Gebruik:
• Die sweep het geklap en die wawiele draai agter die rooispan aan. [Trekliedjie]
• Die kinders stoei en maak wawiele op die gras.
Spreekwoord:
• Ek meneer en jy meneer, wie sal dan die wawiel smeer? [As almal belangrik wil wees, wie sal dan die werk doen?]