varieer [boodskap #146507] |
Sat, 21 September 2024 18:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21083 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
varieer
Afbreking: va•ri•eer
Werkwoord: varieer
Verlede tyd: het gevarieer
Betekenis:
• Om (van tyd tot tyd, plek tot plek, of geval tot geval) te verander.
Gebruik:
• Die rivier se breedte varieer van 46 tot 183 meter, die diepte van 1 tot 12 meter.
Sinoniem:
• afwissel
• afwyk
• alterneer
• fluktueer
• skommel
• verander
• wissel
Afgelei:
• gevarieerd
• variërend
Vertaling:
Engels: to vary
Nederlands: variëren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|