Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onreëlmatig
onreëlmatig [boodskap #146369] Wo, 04 September 2024 17:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onreëlmatig
Afbreking: on•reël•ma•tig
Samestelling: on- + reëlmatig


Byvoeglike naamwoord: onreëlmatig
Vergrotende trap: onreëlmatiger
Oortreffende trap: onreëlmatigste
Attributief: onreëlmatige
Partitief: onreëlmatigs

Betekenis:
• Wat nie reëlmatig is nie. Sonder vaste ritme of reëlmaat.
• Wat van die norm afwyk.

Gebruik:
• Die pasiënt se hartklop is onreëlmatig.
• Al die ongemagtigde, onreëlmatige en verkwistende uitgawes moet gesny word.

Sinoniem:
• abnormaal
• afwykend
• hortend
• onderbroke
• ongereeld
• ongewoon
• onordelik
• wisselvallig

Antoniem:
• reëlmatig

Afgelei:
• onreëlmatigheid

Vertaling:
Engels: irregular
Nederlands: onregelmatig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wriemel
Volgende onderwerp: regbuig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 07:10:05 MGT 2024