Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » orkestreer
orkestreer [boodskap #146361] Di, 03 September 2024 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
orkestreer
Afbreking: or•ke•streer
Samestelling: orkes + -treer


Werkwoord: orkestreer
Verlede tyd: het georkestreer

Betekenis:
• Om musiek vir 'n orkes te verwerk.
• (figuurlik) Om te organiseer en dinge as 'n geheel te laat saamwerk.

Gebruik:
• Hilde Holger orkestreer "Na die Lig" in 1968 met musiek van Edvard Grieg.
• Die skelm wat die diefstal van batterye uit selfoontorings regoor die land georkestreer het, is vasgetrek.

Sinoniem:
• instrumenteer
• komponeer
• organiseer

Verwant:
• orkestrasie
• orkestrator

Vertaling:
Engels: to orchestrate
Nederlands: orkestreren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedekking
Volgende onderwerp: oorpak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 07:08:06 MGT 2024