Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » groeipyn
groeipyn [boodskap #146351] Di, 03 September 2024 09:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
groeipyn
Afbreking: groei•pyn
Samestelling: groei + pyn


Selfstandige naamwoord: groeipyn
Meervoud: groeipyne
Verkleinwoord: groeipyntjie
Meervoud van verkleining: groeipyntjies

Betekenis:
• 'n Spierpyn in die bene of arms van groeiende kinders wat veral saans en snags voorkom.
• (figuurlik) 'n Probleem wat tydens die aanvang of begin van iets ontstaan.

Gebruik:
Groeipyne is meestal skadeloos, maar soek mediese raad indien dit ernstig is of met ander simptome saamgaan.
• Toe die fabriek oopgemaak het was daar baie groeipyne, maar produksie verloop tans sonder probleme.

Vertaling:
Engels: growing pain
Nederlands: groeipijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wete
Volgende onderwerp: swemslag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 07:18:08 MGT 2024