Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » negeoog
negeoog [boodskap #146188] Vr, 16 Augustus 2024 17:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
negeoog
Afbreking: ne•ge•oog
Samestelling: nege + oog


Selfstandige naamwoord: negeoog
Meervoud: negeoë

Betekenis:
• 'n Pitsweer/ bloedvint met 'n klomp punte.
• 'n Riviervis uit die familie Petromyzontidae.

Gebruik:
• Hy het 'n negeoog op sy sitvlak gekry.
• Sommige negeoë suig die bloed van ander visse.

Wisselvorm:
• nege-oog

Sinoniem:
• karbonkel
• prikvis

Vertaling:
Engels: carbuncle; lamprey
Nederlands: negenoog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bloedvint
Volgende onderwerp: ongemagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 15:34:39 MGT 2024