Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die WVK-oorlog
Die WVK-oorlog [boodskap #18712] Thu, 29 October 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 28 Oct 1998 17:29:27 +0200, "Henri Burger"
> wrote:
>
> felste
>> kritiek die afgelope paar dae teen die kommissie het gekom van die ANC, wat
>> ook nie implisering vryspring nie.>>
>
> Ja die WVK is toe nie n manipulasie deur die ANC nie, ne?

Huh...uh. Al wat dit beteken is dat hulle minder manipuleerbaar is as wat
die ANC wou gehad het.

Tutu verklaar: I have fought against tyrany all my life. I will resist this
with every fibre of my being".

Antjie Samuels, "town crier" vir die WVK: By nabetragting sien 'n mens nou
dat die ANC nog nooit verstaan het waaroor die WVK gaan nie - eers wou hulle
gladnie aansoek doen vir amnestie nie, toe wil hulle kombers [sic] amnestie
hê......

Sy waarsku: Die inhoud van die verslag is die verlede - maar hierdie optrede
is die ANC vandag!

'n Jaar gelede, ferdi, het jy sewe soorte hel oor my gespoeg toe ek verklaar
het dat die ANC-regering nie verskil van die NP-regering nie. Nou het
Breyten Breytenbach dit al gesê, en Andre P Brink, en Antjie Samuel. En
Desmond Tutu.

Een van my swart kollegas sê vanoggend - hier is die ding wat nog oorlog
gaan maak.

Leendert
Re: Die WVK-oorlog [boodskap #18713 is 'n antwoord op boodskap #18712] Thu, 29 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: October 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 29 Oct 1998 22:00:26 +0200, "Leendert van Oostrum"
had the following to say:

|Tutu verklaar: I have fought against tyrany all my life. I will resist this
|with every fibre of my being".
|
|Antjie Samuels, "town crier" vir die WVK: By nabetragting sien 'n mens nou
|dat die ANC nog nooit verstaan het waaroor die WVK gaan nie - eers wou hulle
|gladnie aansoek doen vir amnestie nie, toe wil hulle kombers [sic] amnestie
|h�......
|
|Sy waarsku: Die inhoud van die verslag is die verlede - maar hierdie optrede
|is die ANC vandag!
|
|'n Jaar gelede, ferdi, het jy sewe soorte hel oor my gespoeg toe ek verklaar
|het dat die ANC-regering nie verskil van die NP-regering nie. Nou het
|Breyten Breytenbach dit al gesê, en Andre P Brink, en Antjie Samuel. En
|Desmond Tutu.
|
|Een van my swart kollegas sê vanoggend - hier is die ding wat nog oorlog
|gaan maak.

Alle politici skree maar hard en hulle ondersteuners netso - is ons
hier op die nussgroep nie maar ook net gefrustreerde politici nie -
gemaklikheidshalwe met 'n kassie om op te staan sonder die angst van
verkiesing veg. Nie dat jy hier veel van 'n opinie kan uitspreek nie
- ek sien nou onlangs is een ou sommer met deportasie gedreig toe sy
standpunt nie aanvaarbaar was vir een individu nie.

Nietemin, ek dink die WVK situasie sal, met 'n bietjie histeriese
politieke geskree, oorwaai.

Wat my pla is die balansstaat van die hele toertjie: Was die voordeel
van die paar individue wat "closing" kon kry op hulle hartseer, meer
as die nadeel van rassehaat wat die WVK aangeblaas het? Was dit alles
die Rand en sent koste werd?
Groete!
Re: Die WVK-oorlog [boodskap #18742 is 'n antwoord op boodskap #18712] Fri, 30 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Oct 1998 22:00:26 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

die ANC wou gehad het.[/color]
>
> Tutu verklaar: I have fought against tyrany all my life. I will resist this
> with every fibre of my being".>>>

Ek dink nou weer terug aan wat jy oor en oor van die WVK gese het en
ek sit en smile.
Re: Die WVK-oorlog [boodskap #18744 is 'n antwoord op boodskap #18712] Fri, 30 October 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...

> Nietemin, ek dink die WVK situasie sal, met 'n bietjie histeriese
> politieke geskree, oorwaai.

Nee, dis 'n fout. Die ding gaan nog dekades oor baklei word, juis omdat die
WVK nie gedoen het wat hy veronderstel was om te doen nie. Enersyds het hy
gewerk met VIER soorte "waarheid", en andersyds het hy maar 'n hoogs
selektiewe benadering gehad tot sy vier soorte waarheid. In die proses het
daar van versoening sweetol gekom.

> Wat my pla is die balansstaat van die hele toertjie: Was die voordeel
> van die paar individue wat "closing" kon kry op hulle hartseer, meer
> as die nadeel van rassehaat wat die WVK aangeblaas het? Was dit alles
> die Rand en sent koste werd?

Weet jy, dalk was dit. Nou is almal verenig in hul afsku aan die WVK :-)

Groete, Leendert
Re: Die WVK-oorlog [boodskap #18753 is 'n antwoord op boodskap #18712] Sat, 31 October 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: February 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 29 Oct 1998 22:00:26 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> as wat
>> die ANC wou gehad het.
>>
>> Tutu verklaar: I have fought against tyrany all my life. I will resist this
>> with every fibre of my being".>>>
>
> Ek dink nou weer terug aan wat jy oor en oor van die WVK gese het en
> ek sit en smile.

Ek kan my dit goed voorstel. Soos die Spreukedigter dit stel: "Die gelag van
'n dwaas is soos die gekraak van dorings onder 'n pot".

>
>
> En die ANC-regering is (met al sy foute) NIE soos die NP-regering nie.
> Dis daar vir almal om te sien. Behalwe as hulle nie WIL nie.

Jy is heeltemal reg, ferdi. Daar is verskille ook. (En nie al die verskille is
ten gunste van die ANC nie.)

Ons het egter nou al, byvoorbeeld, vir Brink wat verklaar dat magsmisbruik
voorkom onder die ANC soos dit voorgekom het onder die vorige regering. Ons
het vir Tutu wat verklaar dat die vorige regering tiraniek was, en die
huidige een ook.

Ek reken hulle gee steun aan my vorige stellings met dieselfde strekking.

>
> > gaan maak.>>
>
> Ek se: Daar gaan GEEN oorlog kom spruitende uit die WVK se verslag
> nie.

Ek hoop jy is reg. Ek hoop my kollega is verkeerd.

Ek sê: As daar nie oorlog uitbreek nie, sou dit nie wees as gevolg van die
verslag nie, maar ondanks die verslag.

Vriendelike groete, Leendert.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Re: "Sharpeville Inquiry" by ANNE WELSH
Volgende onderwerp: Re: Doel van die nuusgroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 06:55:59 UTC 2025